 |
'n Groot risiko vir enige produsent is die uitbrake van beheerde en onbeheerde siektes. (Snotsiekte is nie tans 'n beheerde siekte nie.)
Daar kan duidelik gesien word watter rol speel die Bek-en-klou seer uitbraak in Brazilie, voelgriep en varkpes in die huidige produsente prys in Suid-Afrika op die oomblik.
Die RPO is betrokke by die monitering van internasionale dieregesondheids heinings, monitering van bek-en-klou uitbrake en internasionale handel. Verder inisieer die RPO navorsing oor dieresiektes, skakel met farmaseutiese maatskappye en beding met die owerheid oor wetgewing betrekking tot die dieregesondheids wet.
Die RPO is betrokke by die voorkoming van smokkel van wild uit buurlande en het 'n spesifieke protokol aangevra vir die vestiging van "skoon buffels".
Ons het pas daarin geslaag om fondse te bekom en 'n ombudsman aangestel te kry om snotsiekte sake tussen beesboere en wildebeesboere te besleg.
|