Tuisblad Wat is die RPO Wie is die RPO Ons Borge Diere Gesondheid Veediefstal Webskakels Resepte Nuus Kontak Ons
Gemiddelde Riglyn Pryse Advertensies
 
 

Nuus: Feite Rondom Rooivleis

 
 

•  Rooivleis bevat proteïne van hoë biologiese waarde wat ryk is aan essensiële aminosure (Boustene van die liggaam se proteïne).

•  Rooivleis, met sy uitstekende aminosuurprofiel, kan die ruggraat vorm van 'n hoë proteïen dieet vir gewigsverlies en kan ook 'n belangrike rol speel waar hergroei van spiere moet plaasvind soos vir atlete en na operasies.

•  Rooivleis is 'n ryk bron van die aminosuur taurine. Taurine is 'n essensiële aminosuur vir pasgebore babas wat tot 'n mindere mate in staat is om dit self te sertifiseer en dit dus deur moedersmelk moet inkry. Daarom is rooivleisinname essensieel in die dieet van die borsvoedende vrou.

•  Orgaanvleis soos lewer en niere is ryk bronne van pantoteensuur en folliersuur. Lewer bevat ook baie vitamiene A.

 
 

•  Rooivleis is 'n uitstekende bron van yster. Die yster in rooivleis word baie makliker deur die liggaam opgeneem as die yster in plantvoedsel. Indien rooivleis saam met plantvoedsel geeët word, word die yster uit die plantvoedsel ook meer doeltreffend deur die menslike liggaam opgeneem.

•  Rooivleis is ook 'n baie belangrike bron van sink. Dit word veral as 'n baie belangrike mikrovoedingstof vir babas en jong kinders beskou.

•  Rooivleis is ook 'n goeie bron van die antioksidant selenium wat 'n beskermde funksie vervul teen koronêre hartvatsiektes en kanker.

•  Rooivleis is 'n baie belangrike bron van ander mikrovoedingstowwe soos koper, magnesium, kobalt, fosfor, chroom en nikkel.

 
 
 

•  Rooivleis is 'n goeie bron van die meeste B-vitamiene. Die B-vitamiene uit vleis is ook meer beskikbaar om fisiologiese funksies te verrig as dié uit plante. Vitamiene B12 kom net in voedsel van dierlike oorsprong voor. Vegetariërs moet vitamiene B12 aanvulling kry.

•  Onlangse navorsing het getoon dat rooivleis ook 'n betekenisvolle bydrae tot vitamiene D in die dieet kan maak.

•  Rooivleis is ook een van die belangrikste bronne van glutatioon wat 'n belangrike beskermingsmeganisme vorm teen gifstowwe soos aflatoksiene vanaf plante.

•  Bloedcholesterol word verhoog deur inname van vet en nie deur die inname van maer vlies nie.

•  Versadigde vette kom meestal in vetweefsel voor wat maklik afgesny kan word.

•  Rooivleis bevat betekenisvolle hoeveelhede poli-onversadigde vette en is 'n ryk bron van mono-versadigde vette.

•  Skaap- en beesvleis bevat gekonjugeerde linoleïensuur (CLA). CLA is 'n vetsuur wat kankerwerende en cholesterol verlagende eienskappe besit en ook gewigsverlies bevorder.