Tuisblad Wat is die RPO Wie is die RPO Ons Borge Diere Gesondheid Veediefstal Webskakels Resepte Nuus Kontak Ons
Gemiddelde Riglyn Pryse Advertensies
 
 

Resepte

 
 

GESMOORDE BEESSTERT

1 beesstert, opgesny
olie vir braai
2 uie, in skywe gesny
2 wortels, geskraap en in kwarte gesny
3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny
15 ml. koekmeelblom
500 ml. vleisaftreksel
bouquet garni
sout en peper na smaak

 
 

Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook. Geur met kruie en geurmiddels. Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is. Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.