Tuisblad Wat is die RPO Wie is die RPO Ons Borge Diere Gesondheid Veediefstal Webskakels Resepte Nuus Kontak Ons
Gemiddelde Riglyn Pryse Advertensies
 
 

Wat is die RPO?

 
 

Die RPO word erken as die outonomie organisasie en mondstuk vir kommersiële rooivleis produsente en verteenwoordig die hoogste gesag binne die rooivleisbedryf vir produsente. Die RPO het volle outonomie in sake wat slegs die vleisbedryf raak en sake van huishoudelik aard; met dien verstande dat algemene sake, vir sover dit die rooivleisbedryf raak maar wat ook ander bedryfstakke en produkte raak, deur die RPO bespreek kan word waarna enige voortspruitende besluite daaroor as aanbeveling na die betrokke instansies verwys sal word.

- Grondwet
- Constitution

 
 

DOELSTELLINGS: Die oorkoepelende doelstellings van die RPO is om 'n verteenwoordigende nasionale organisasie in die rooivleisbedryf te vorm, wat die inisiatief sal neem om op 'n gekoördineerde wyse, op grond van eie ondersoeke en voorleggings deur belanghebbendes, deur middel van skakeling en bedinging, vir die produsente binne die rooivleisbedryf ten opsigte van suiwer vleisbedryfsake optimum winsgewendheid na te streef.

 
 
 

INVOERE EN HANDELS OOREENKOMSTE

Die RPO het insette gelewer vir die vestiging van 'n spesiale protokol in terme van MERCOSUR. Verder is die RPO betrokke by die Landbou Handelsforum en het Agri Inspec aangestel om invoer ongeruimdhede te bekamp.

Die RPO beding vir die instanthouding van die 40% ad valorum invoertarief wat relatief hoog is aangesien die gemiddelde invoer tarief op landbou produkte slegs 20% is. Produsente hoef nei te raai wat met die huidige produsente pryse sal gebeur indien invoer pariteit pryse met 40% sal daal nie.

KLASSIFIKASIE EN DIE VERBRUIKER

Die RPO lewer insette oor die klassifikasie stelsel op 'n deurlopende basis en lewer insette oor hygiene standaarde in die bedryf waarvan die Vleishigienewet 'n voorbeeld is. Daarby lewer die RPO insette in die bestuur van IMQAS en SAMIC in terme van higienestandaarde.

Daar word toegesien dat ingevoerde vleis gemerk word in die kleinhandel en het toegesien dat nutrientsamestellingsproewe vir skaapvleis uitgevoer en afgehandel word.

NAVORSING

Navoringsprojekte word geidentifiseer en sien toe dat prioriteitsprojekte gefinaliseer word. Voorbeelde hiervan is die molasseprojek en knie arterose.

VEEDIEFSTAL

Die RPO hanteer die sekretariaat van die nasionale veediefstalforum. Verskeie deurbrake is gemaak en is veediefstal 13% laer as 'n jaar gelede.

BEMARKING

Die RPO het in 2005 sestien bladsye in die Landbou Weekblad opgeneem het gereeld artikels in die pers, reik persverklarings uit, staan radio en TV onderhoude toe en tree gereeld by inligtings vergaderings op.

STATUTERE HEFFINGS

Dit moet gemeld word dat die fondse wat verkry word deur die heffings nie na die RPO toe gaan nie. Baie produsente en borge reken dat dit die geval is en het hulle vrywillige bydraes onttrek. Sonder fondse kan RPO - Limpopo nie sy provinsiale take uitvoer nie wat tot nadeel van elke produsent is. Volledige verslag van die RPO - Limpopo se finansies sal gedoen word tydens 'n inligtingsdag te Warmbad veemark op 27 Maart 2006 om 09:00.

Die RPO verteenwoordig rooivleisprodusente se belange deur op die rade van die volgende instansies te dien:
NARF - National Agricultural Research Forum, Bedryfskamer van Agri SA, SAMIC, Vleisbedryfsforum, LWCC - Koordinerende komitee vir die welsyn van Lewendehawe, Probleemdierbeleidskomitee, Nasionale veediefstalforum, federasie van rooivleisprodusente van Suid-Afrika, NWKV se bestuur en kongres, ZCPA - Zimbabwe Cattle Producers, LPO - Lewendehawe Produsente Organisasie Namibie, RMRDT - Rooivleisbedryfstrust op die projek-komitee en beplannings kommitee, Produksieadvies komitee van die NMKV, Advieskomitee van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Standaardekomitee van die Departement van Landboui, Grootfontein Kleinveetrust en die Veeverbeteringstrust.

Die RPO skakel met: AMT, Federasie van kleinveetelersgenootskappe, Telersgenootskappe, Voerkraalvereniging, AMIE - Invoerders en Uitvoerders, verbruikers, Lanboukolleges en Lanbouskole, ander Tersiere instansies, Graan SA, TLU, Nerpo, MIT - Vleisbedryfstrust, MPO, SAWO - Suid-Afrikaanse Wildorganisasie, Onderstepoort OBP, Senior personeel van Nasionale en Provinsiale departemente van Landbou, SAPD, Handel en Nywerheid, SARS, Justisie, Korrektiewe dienste, Ministers van van die department van landbou, SHALC - Huide en velle, RVAV - Roivleisabatoirvereniging, SAMPA - vleisverwerkers, Federasie van Vleishandelaars, SAPV - Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging, MLA - Meat and Livestock Australia, IFAP, IMS, Insetverskaffers / Koopersaies, Landouskoue, NLBR - Nasionale Landbou Bemarkingsraad ens.

Die Nasionale RPO hanteer ook die sekretariate van:

  • Die Nasionale Veediefstalforum
  • SALMF
  • Federasie van rooivleisprodusente van Suid-Afrika
  • Snotsiektewerkgroep